Twee mans nog gesoek na Heidelvallei skietery

Loading player...
Twee verdagtes moet Vrydag in die hof verskyn, in verband met ‘n skietery by Heidelvallei vanoggend.
Skote is afgevuur tussen ‘n gemeenskapslid, sekerheidsmaatskappy en vier verdagtes wat met ‘n inbraak in die area verbind word.
Volgens brigadier Leonard Hlathi is ‘n verdagte wat geskiet is, onder polisiebewaking in die hospitaal.
Die ander een is in hegtenis geneem toe die mans probeer vlug het.
Twee verdagtes het te voet weggekom. Vuurwapens en ‘n gesteelde voertuig is teruggevind.
26 Aug 2020 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min