Restaurantvereniging waarsku regulasies kan weer verskerp

Loading player...
Besoekers aan restaurante en kroeë hou glo nie genoegsaam by inperkingsregulasies nie.
Die Restaurantvereniging van Suid-Afrika het vanmiddag gewaarsku dat plasings op sosiale media van mense wat die reëls verbreek, onder die minister van toerisme se aandag gekom het.
Volgens die vereniging se voorsitter, Wendy Alberts, word dit oorweeg om strenger maatreëls in te stel, en selfs verbruik op persele weer te verban.
Alberts het ‘n beroep op mense gedoen om by die reëls te hou.
31 Aug 2020 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min