Phakisa Pumas hervat kontakoefeninge

Loading player...
Die spanne wat aan vanjaar se Curriebeker deelneem, mag van hierdie week af met kontakoefeninge begin.
Tot op hede is spelers slegs toegelaat om in groepe te oefen.
Die plaaslike Phakisa Pumas is opgewonde oor die vooruitsig.
Afrigter Jimmy Stonehouse sê hulle sal Donderdag met kontakoefening begin, nadat al die spelers se toetsuitslae ontvang is.
Hulle moet elke sewe dae vir die nuwe koronavirus getoets word.
Volgens Stonehouse is die Pumas slaggereed vir die verkorte Curriebeker-reeks wat in Oktober afskop.
1 Sep 2020 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min