Move One Million Nelspruit gereed vir aksie

Loading player...
Die Move One Million-groep beplan Saterdag vreedsame betogings regoor die land en internasionaal.
In Mbombela word ‘n rit vanaf Halls om 09:00 beplan, asook ‘n staande protes langs Madibarylaan in Riverside vanaf 10:00.
Plaaslike organiseerder, Danielle Hayman, sê Move One Million is nie polities nie: Dit poog bloot om Suid-Afrikaners te mobiliseer om op te staan teen wat fout gaan in die land.
Veral korrupsie is tans in hul visier. Sestien lande neem deel.
2 Sep 2020 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min