VF+ verkla Mbombela oor rou riool in Hazyview

Loading player...
Die VF+ het Mbombela-munisipaliteit by die menseregtekommissie gaan verkla oor rou riool wat glo in die Sabierivier inloop.
Dit sypel na bewering van die Hazyview-rioolplaas in by Langspruit, ‘n sytak van die rivier waaruit die dorp sy drinkwater kry.
Volgens die party se Ken Robertson, het die dam by die rioolsuiweringsaanleg verlede week oorstroom.
Toe hulle geen reaksie van senior bestuur in die munisipaliteit ontvang nie, het hulle die kommissie genader omdat dit mense se waardigheid aantas.
8 Sep 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min