Badplaas polisiestasie beroof

Loading player...
Die polisie is steeds op soek na drie verdagtes wat die Badplaas-polisiestasie Saterdagoggend beroof het.
Volgens die polisie se kolonel Brenda Muridili het drie mans om ongeveer half een die oggend die stasie met pistole binne gegaan.
Polisielede wat aan diens was is aangehou en hul wapens is afgeneem. Hulle is forseer om die kluis oop te sluit.
Die verdagtes het met een R-vyf en kontant te voet gevlug.
Volgens Muridili is geen arrestasies nog gemaak nie.
14 Sep 2020 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min