Polisie maan teen verspreiding van fopnuus

Loading player...
‘n WhatsApp-boodskap wat waarsku dat ‘n vrou vanoggend amper in Mbombela gekaap is, het vanoggend soos ‘n veldbrand deur die dorp versprei.
Dit voer aan dat die skrywer se vriendin amper ‘n slagoffer was.
‘n Swart Corolla sou voor haar gestop het.
Drie mans het glo uitgespring en aan haar deure geruk en op haar geskree.
Nelspruit se polisiewoordvoerder, kaptein Zandile Gqawa, sê geen saak is aangemeld nie en hulle beskou die boodskap daarom as fopnuus.
Sy het mense aangeraai om enige misdadige voorvalle by die polisie aan te meld sodat hulle dit kan ondersoek.
21 Sep 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min