Mnr. en Mej. NHS aangewys

Loading player...
JG Pansegrouw en Lourese Kempen is Donderdag as 2020 se Mnr. en Mej. NHS aangewys.
Meer as ‘n duisend toeskouers het die regstreekse uitsending op Digitv bygewoon.
Twintig Nellies het deelgeneem en geskitter in hul formele drag.
Virtuele uitsendings van die sangers Appel, opkomende ster Bernice West en Jo Black het ekstra glans aan die geleentheid verleen en die standaarde hoog gehou.
Adrienne Combrink en Zané Potgieter is as eerste prins en prinses aangewys.
Wynand Loubser en Amoné de Beer was tweede prins en prinses.
George Venter en Karien Goosen het in die fotogeniese kategorie gewen en Luca Fourie en Yannike Malan in die Persoonlikheid-kategorie
Organiseerder Kriekie Bekker vertel meer.
5 Oct 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min