Bestuurder borgtog geweier na twee matrieks sterf

Loading player...
Die taxi-bestuurder wat beskuldig word dat hy Maandag twee graad 12-meisies hul lewens gekos het in Bosbokrand, is borgtog geweier.
Hy het in die Mhkuhlu-landdroshof verskyn op twee klagte van moord.
Hy het ‘n groep matrikulante glo met sy voertuig getref terwyl hulle op pad was huis toe na ‘n eksamen. Twee kinders is ook beseer.
Die saak is tot 21 Oktober uitgestel.
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga sal die meisies se families vanmiddag besoek.
Die departement se Gerald Sambo het meer.
14 Oct 2020 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min