Pumas sien uit na groot kragmeting teen Stormers

Loading player...
Die Phakisa Pumas speel môre hul eerste rugbywedstryd van die jaar op hul tuisveld.
Hul wedstryd teen die DHL Stormers skop om 19:00 by Mbombela-stadion af.
Pumas-breier, Jimmy Stonehouse, sê hulle gaan die toeskouers mis, maar sien uit na die kragmeting.
Hy het byna geen veranderinge aan sy span, wat verlede naweek die Griekwas in Kimberley geklop het, aangebring nie.
AJ le Roux, wat beseer was, neem sy plek in as haker, met Simon Westraadt op die plaasvervangersbank.
22 Oct 2020 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min