Rudy Oosthuyse wen 10de Cleaver-toekenning

Loading player...
Rudy Oosthuyse van Grove Superspar het sy 10de Cleaver-toekenning gewen.
Die jaarlikse toekennings beloon kwaliteit, higiëne, diens en waarde vir geld onder slaghuise.
Grove Superspar is nou amptelik die tweede beste vleismark onder alle supermarkte in Suid-Afrika.
Die slaghuis se 20 spanlede het vanoggend elk ‘n R250-geskenkbewys van SPAR Lowveld ontvang.
Oosthuyse sê die toekenning is te danke aan hul harde werk.
Hy voeg by dat klante daarom weet dat hulle met gemoedsrus daar kan kom koop.
24 Oct 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min