Kroegeienaars in spervuur oor laat ure

Loading player...
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Gabisile Shabalala, het ‘n beroep gedoen op die polisie en Mpumalanga ekonomiese reguleerder (MER) om kuierplekke wat nie by inperkingsregulasies hou nie, op te skroef.

Volgens haar woordvoerder, Moeti Mmusi, word die departement oorval met klagtes van die publiek oor kuierplekke wat na middernag oop is.

Boonop laat van hulle soveel mense op hul persele toe, dat dit onmoontlik is om fisiese distansiëring toe te pas.

Shabalala het vandag daaroor met die MER en SAPD vergader.

Mmusi sê dit sluit in gewilde kuierplekke in Mbombela, KaNyamazane, Matsulu, KaBokweni, Nkomazi en Ngudwini.

Die provinsiale gesondheidsdepartement is besorg oor die infeksiekoers in Ehlanzeni-distrik, wat byna die hele Laeveld insluit.

“Daar is ‘n afname in gevalle in die provinsie, behalwe in Ehlanzeni waar dit toeneem,” sê hulle in ‘n analise oor die situasie in Mpumalanga onder vlak 1 van inperking.

Mbombela het in hierdie tyd die meeste gevalle aangeteken, gevolg deur Bosbokrand.

Shabalala het die eienaars van kuierplekke gevra om te hou by die reëls en gewaarsku dat hulle, hul dranklisensies kan verloor, sou hulle nie.

"Kroegeienaars moet nie winste prioritiseer nie, maar eerder Covid-19-gesondheidsprotokol volg.”

Sy het mense ook gevra om daarby te hou, om hul gesinne teen blootstelling te beskerm.

Beide die polisie en MER het planne oor hoe hulle beplan om nakoming te verseker.

Die land se sterftes weens Covid-19 het gister die 19,000-merk oorgesteek.

Volgens die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, is daar tans 716,759 positiewe gevalle in Suid-Afrika aangemeld. Die herstelkoers staan steeds op 90%.

Wêreldwyd is daar 42,966,344 bevestidge positiewe gevalle, met 1,152,604 sterftes. Europa en Noord-Amerika word tans veral hard getref.

Tedros Adhanom Ghebreyesus, hoof van die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO), sê dit is verstaanbaar dat mense “Covid-19-moegheid” het, maar hulle moet op hul hoede bly.

Shabalala het die publiek ook gem
4 Nov 2020 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 7AM 10 min

Aphelele Fassi verwag fisiese kragmeting teen Georgië

Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion. Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster.
17 Jul 3AM 1 min

Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en…
16 Jul 9AM 4 min