Radio Laeveld-luisteraars maak hul harte oop vir brandgeteisterde boere

Loading player...
Radio Laeveld se luisteraars het voorwaar harte van goud.
Die stasie het hande gevat met AfriForum en Skankane Transport om hulp te verleen aan brandgeteisterde boere.
Na raming is minstens 200 000 ha verlede week in verskeie brande verwoes. Die uitgestrekte gebied sluit in dele van die Wes-Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes.

Luisteraars van 100.5FM het hul harte en hande oopgemaak en die Pak 'n boks vir 'n boer-projek ondersteun.
Dit is daarop gefokus om hulp te verleen aan die talle boere wat hul besittings in dié brande verloor het.
Die Laeveld kon daarom Saterdag ‘n groot vrag hulp Vrystaat toe stuur.
Robin Jansma, stasiebestuurder van Radio Laeveld, vertel dat 100.5FM besluit het om ‘n afsetpunt vir AfriForum se inisiatief te word om hulp aan die boere te verleen in samewerking met Skankane, om te verseker al die skenkings kon na Pretoria vervoer word.

“Die luisteraars is die helde,” sê hy. “Ons het binne minute na ons die eerste keer daaroor op die lug gepraat het, die eerste Boks vir ‘n boer ontvang.”

Jansma vertel een vrou, wat nie eens haar naam wou gee nie, kontant by die stasie afgelaai het. “Dit is vir die boere, maak seker hulle kry dit,” het sy gesê.
“Toe ons dit tel, was dit R10 000 wat sy in ons vertroue geplaas het om dit deur te voer na waar dit nodig is,” sê Jansma.
Saterdag het ‘n groot Skankane-trok, twee kleiner trokke, en ‘n bakkie met ‘n sleepwa saam met ‘n konvooi ander trokke van Pretoria na Boshoff vertrek.
Daar sal die kos en hulp oorhandig word aan die plaaslike landbou-unie, waarna die vrouelandbou-unie dit sal versprei.
Vanessa Roets het meer:
4 Nov 2020 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min