Radio Laeveld-luisteraars maak hul harte oop vir brandgeteisterde boere

Loading player...
Radio Laeveld se luisteraars het voorwaar harte van goud.
Die stasie het hande gevat met AfriForum en Skankane Transport om hulp te verleen aan brandgeteisterde boere.
Na raming is minstens 200 000 ha verlede week in verskeie brande verwoes. Die uitgestrekte gebied sluit in dele van die Wes-Vrystaat, Noord-Kaap en Noordwes.

Luisteraars van 100.5FM het hul harte en hande oopgemaak en die Pak 'n boks vir 'n boer-projek ondersteun.
Dit is daarop gefokus om hulp te verleen aan die talle boere wat hul besittings in dié brande verloor het.
Die Laeveld kon daarom Saterdag ‘n groot vrag hulp Vrystaat toe stuur.
Robin Jansma, stasiebestuurder van Radio Laeveld, vertel dat 100.5FM besluit het om ‘n afsetpunt vir AfriForum se inisiatief te word om hulp aan die boere te verleen in samewerking met Skankane, om te verseker al die skenkings kon na Pretoria vervoer word.

“Die luisteraars is die helde,” sê hy. “Ons het binne minute na ons die eerste keer daaroor op die lug gepraat het, die eerste Boks vir ‘n boer ontvang.”

Jansma vertel een vrou, wat nie eens haar naam wou gee nie, kontant by die stasie afgelaai het. “Dit is vir die boere, maak seker hulle kry dit,” het sy gesê.
“Toe ons dit tel, was dit R10 000 wat sy in ons vertroue geplaas het om dit deur te voer na waar dit nodig is,” sê Jansma.
Saterdag het ‘n groot Skankane-trok, twee kleiner trokke, en ‘n bakkie met ‘n sleepwa saam met ‘n konvooi ander trokke van Pretoria na Boshoff vertrek.
Daar sal die kos en hulp oorhandig word aan die plaaslike landbou-unie, waarna die vrouelandbou-unie dit sal versprei.
Vanessa Roets het meer:
4 Nov 2020 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Doen so aansoek vir Mbombela se elektrisiteitsmeter-amnestie

Mbombela-munisipaliteit sal 'n drie maande-amnestieprogram wat inwoners met onwettige of foutiewe elektrisiteitsverbindings toelaat om hul toevoer te normaliseer sonder om gepenaliseer te word, vanaf Maandag implementeer. Thea Rix verduidelik wat jy moet doen.
11 Dec 6AM 7 min

Merang 'n viering van Afrikaanse digkuns

Merang is 'n versamelbundel heerlike gedigte wat uitgegee is saam met die Eeufeesviering van Afrikaans, maar dit is ook meer as dit, vertel een van die redakteurs en samestellers, Neil Cochrane op die vooraand van die Innibos Boekenaweek in Kaapsehoop.
27 Aug 7AM 10 min

Aphelele Fassi verwag fisiese kragmeting teen Georgië

Die Springbokke speel Saterdag 'n toets teen Georgië by Mbombela-stadion. Heelagter Aphelele Fassi deel sy verwagtinge. Die afskop by Mbombela-stadion is Saterdag om 17:10 en kaartjies is slegs beskikbaar by Ticketmaster.
17 Jul 3AM 1 min

Kwagga trots op Marnus vir toetsbuiging

Dit is Bokweek in die Laeveld en onse eie Kwagga Smith het vandag die media te woord gestaan voor hul wedstryd teen Georgië by Mbombela-stadion Saterdag waarin die Nelspruiter Marnus van der Merwe sy toetsbuiging maak. Hy sê die Bomb Squad maak reg wat hulle teen Italië verbrou het en…
16 Jul 9AM 4 min