Vlieënier sterf in vliegongeluk naby Nelspruit-vliegveld

Loading player...
‘n Vlieënier is Vrydagmiddag dood toe sy vliegtuig buite Nelspruit-vliegveld neergestort het.
Netcare911 se helikopter-nooddienste was by die vliegveld toe die voorval plaasgevind het en het hulle na die toneel gehaas. Die ligte vliegtuig is deur vlamme verswelg.
André van Heerden van Summerfields Rose Retreat & Spa se liggaam is langs die wrak gevind.
Hy was die enigste insittende.
Volgens Kabelo Ledwaba van die burgerlugvaartowerheid word die omstandighede van die ongeluk ondersoek.
9 Nov 2020 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min