Verdagtes gesoek na transito-roof in Mbombela

Loading player...
Vyf verdagtes word deur die polisie gesoek, nadat hulle vanoggend ‘n transito-roof by The Square-sentrum in Mbombela probeer uitvoer het.
Die voorval het om ongeveer 10:30 plaasgevind.
Wahl Bartmann, die hoof van sekuriteit by Fidelity, het bevestig dat 'n wag aangeval is net nadat hy die Pick n Pay-winkel met kontant verlaat het.
Verskeie skote is afgevuur. ‘n Verbyganger is raakgeskiet.
Paramedici het bevestig dat sy verby gestap het net toe die skote begin klap. Sy was gelukkig om slegs ‘n vleiswond op te doen.
Die aanvallers het in ‘n wit Polo gevlug. Volgens bronne het die bestuuder van die Fidelity-voertuig op die Polo gevuur en die agterruit uitgeskiet.
10 Nov 2020 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min