Nelsville se water Woensdag afgesit

Loading player...
Nelsville se water sal Woensdag vir sowat 12 ure afgesit word, sodat ‘n gebarste pyp onder ‘n elektriese transformator vervang kan word.
Inwoners sukkel sedert Sondagaand met watertekorte, sedert die pyp op verskillende plekke gebars het.
Woordvoerder van Silulumanzi, Richmond Jele, verduidelik dat die pyp nou tydelik herstel is.
Die vervanging sal om 07:00 begin en moontlik tot 19:00 duur.
Jele waarsku dat Matumi se krag ook tydelik afgesit sal wees.
17 Nov 2020 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min