Veldwagter vermis in die Krugerwildtuin

Loading player...
‘n Ervare veldwagter is sedert Dinsdagaand vermis in die Krugerwildtuin.
Volgens woorvoerder, Ika Phaahla, is Checkers Mashego 51 jaar oud.
Hy was saam met ‘n kollega op patrollie in die Nsilikazi-rivierbedding in die Stolsnek-area.
Hulle het uitmekaar gegaan om iets te ondersoek.
Mashego het nooit by die afgespreekte ontmoetingsplek opgedaag nie.
Spanne soek sedertien na hom.
Volgens Phaahla is hy nie bewus dat so iets al ooit in die wildtuin gebeur het nie.
As enigiemand hom gewaar, moet hulle 013-735-0197 bel.
19 Nov 2020 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min