Pumas maak ses veranderinge voor Sharks-wedstryd

Loading player...
Die Phakisa Pumas skop vanaand die Curriebeker af teen die Cell C Sharks.
Pumas-afrigter, Jimmy Stonehouse, het ses veranderinge aan sy beginspan gemaak.
Die pienk truie se krukkelys is lank, maar hy sê die span het gewys hulle het meer diepte as wat hy gedink het.
Die Sharks is egter ‘n besonder sterk span en lê derde op die punteleer. Hulle het na die Super Rugby-reeks 19 punte teenoor die Pumas se sewe.
Die wedstryd skop 19:00 af op Kings Park in Durban.
27 Nov 2020 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min