Drie gewapende rowe, dubbele moord in die Laeveld binne twee dae

Loading player...
Die polisie in Barberton het ‘n mannejag geloods, nadat ‘n paartjie vroeg vanoggend in hul huis vermoor is.
Volgens die Mpumalanga-polisie se kol. Donald Mdluli het die paartjie, wat in hul middel 30’s is, ‘n kamer op ‘n erf gehuur.
Die verdagtes het in die slagoffers se kamer ingebreek en hulle beroof en geskiet.
Sondag het twee gewapende rooftogte in Mbombela plaasgevind.
Die eerste het sowat 12:00 by Valencia plaasgevind, toe ses mans in ‘n NP300-bakkie glo ‘n Mosambiekse paartjie by hul kar probeer beroof het.
Volgens Divergent Ops se Jacques Meiring is skote afgevuur maar niemand is beseer nie.
Later die dag het drie gewapende mans in ‘n Silver Polo by I’langa Mall ‘n winkel beroof.
Volgens Hi-Tech Nelspruit se Callum MacPherson is hulle tot naby KaNyamazane gejaag, waar die verdagtes hul voertuig agtergelaat het, en gevlug het.
30 Nov 2020 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min