Motoriste gewaarsku oor padveiligheid na vier vroue sterf

Loading player...
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid het ‘n beroep gedoen op motoriste om baie versigtig te bestuur hierdie feesseisoen.
Dit na vier vroue gister in ‘n ongeluk op die N4 naby Schagen dood is.
Volgens die departement se woordvoerder, Moeti Mmusi, het hulle teen ‘n trok gebots.
Hy sê daar word beweer dat hulle besig was om ‘n u-draai te maak ten tyde van die ongeluk, maar dit word ondersoek.
Al vier is op die toneel dood verklaar.
5 Dec 2020 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min