Soektog duur voort na vermiste veldwagter

Loading player...
Dit is vandag drie weke sedert Checkers Mashego, ‘n veldwagter in die Krugerwildtuin, vermis geraak het.
Provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, sê hulle volg elke leidraad en elke stuk inligting wat hulle van die publiek ontvang, op.
Hulle soek ook buite die wildtuin. Dit het egter nog niks opgelewer nie.
Mashego is laas op 17 November in die Stolsnek-area van die park gewaar. Hy was saam met ‘n ander veldwagter op patrollie toe hulle uiteen gegaan het om iets verdags te ondersoek.
8 Dec 2020 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min