Barberton se water al hoe minder

Loading player...
Dit is nou algemeen in Barberton om vir tussen 2 en 4 dae op ‘n keer sonder water in jou krane te wees.
Die Lomati-dam, wat die area van water voorsien, is net sowat 14 persent vol, volgens DA-raadslid Philip Minnaar.
Twee weke gelede was dié syfer nog 16 persent.
Aftappunte is beskikbaar, maar die langtermyn-oplossing is om nuwe damme te bou.
In ‘n ope brief aan die burgemeester van Mbombela-munisipaliteit, sê Minnaar 10 jaar is verspeel om die krisis aan te spreek.
9 Dec 2020 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min