Bloedbank skuif Grove toe

Loading player...
Die bloedbank skuif Maandag van Riverside Mall Grove-sentrum toe.
Die ander skenkersentrum bly by i'langa Mall.
By Grove sal hulle in winkel 5, tussen Postnet en die Crazy Store, wees.
Lebo Matsimbi sê hulle het meer spasie benodig, veral nou dat mense plasma kan skenk.
Dié proses neem ‘n klein bietjie langer as gewone skenkings.
Die bloedbank se voorraad is tans ook kritiek laag, wat duisende lewens in gevaar stel.
Matsimbi het mense wat nog nooit of lank laas geskenk het, aangemoedig om dit te doen.
11 Dec 2020 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min