AfriForum lê klagte oor Barberton-grondtransaksie

Loading player...
AfriForum het vandag klagtes van bedrog en korrupsie gelê teen twee maatskappye en hul direkteur oor ‘n stuk grond wat glo vroeër vanjaar vir R34 miljoen aan die regering verkoop is.
Die deel van die plaas Biggar in Barberton het sedert 2011 drie keer van eienaar verwissel, elke keer vir ‘n groter bedrag.
Volgens Chris Gouws, ondersoeker by AfriForum, lyk dit asof die grond eers aan die tweede koper oorgedra is, nadat dit herverkoop is.
Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, sê hul privaatvervolgingseenheid sal aansoek doen om die betrokke persone privaat te vervolg, indien die staat die saak nie verder voer nie.
11 Dec 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min