Man skuldig bevind aan vyf moorde in Mpumalanga

Loading player...
Teboho Thokoane is Dinsdag deur die Mpumalanga-hooggeregshof in Middelburg skuldig bevind aan vyf moorde.
Hy en drie ander mans het ses mense op 12 Oktober 2017 op ‘n plaas in Ogies geskiet. Een het oorleef.
Die ander verdagtes is intussen dood.
Thokoane, ‘n Lesotho-burger, is ook skuldig bevind aan poging tot moord en die onwettige besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
Hy sal op 8 Februarie gevonnis word.
Volgens polisiewoordvoerder, kolonel Donald Mdhluli, was die moorde uit wraak vir 'n beweerde groepsgeweld voorval waarin een van Thokoane se vriende dood is.
17 Dec 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min