Help jou bure in nood hierdie Kersfees

Loading player...
Organisasies wat mense in nood in Mbombela help, sê die vraag in die gemeenskap bly groot weens die Covid-19-pandemie.
Thea Rix van Ons gee om Nelspruit het ‘n beroep gedoen op inwoners om minder bevoorregtes hierdie feestyd te help.
Sy sê die vraag is aansienlik groter hierdie jaar. Wat anders is, is mense bly stil daaroor.
Mense het ook nie net kos nodig nie, maar ook huisware, insluitende potte, beddens en yskaste.
Kos is egter voorop: nie-bederfbare sowel as bederfbare kos. “Ons deel dit so vinnig uit, mense kan vars kos ook skenk,” sê sy.
23 Dec 2020 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min