Vuurwerke vanjaar op Oujaar in Mbombela verbied

Loading player...
Vuurwerke en klappers word nie hierdie feestyd in die Mbombela-area toegelaat nie, want al die sportgronde en stadions is gesluit vir die publiek.
Die munisipaliteit het tydelik verskeie fasiliteite toegemaak weens die tweede golf van Covid-19.
Dit sluit ook die munisipale swembaddens, gemeenskapsale, die kunsgallery en biblioteke in.
Vuurwerke word net op sportgronde toegelaat op spesiale dae, soos Oujaarsaand.
Petrus Mthiyane, die hoof van die brandweer, het bevestig dat dit beteken vuurwerke is effektief verbied.
23 Dec 2020 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min