Baie besige paaie vandag verwag

Loading player...
Die provinsiale departement van gemeenskapsveiligheid sê daar is reeds 73 mense op die provinsie se paaie dood sedert 1 Desember, die begin van die feesseisoen.
Dit is meer as verlede jaar in dieselfde periode.
Die LUR, Gabisile Shabalala, het ‘n beroep op motoriste gedoen om baie versigtig te wees soos verkeersvolumes vermeerder.
Gister en vandag word as van die besigste reisdae van die maand beskou.
Sy sê hoewel sigbare polisiëring verskerp is, dit steeds van individuele bestuurders af hang om die padreëls te gehoorsaam.
23 Dec 2020 12PM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min