Tieners wat hulself as polisiebeamptes voordoen, vandag in die hof

Loading player...
Drie 17-jariges verskyn vandag saam met ‘n 18-jarige in die hof, nadat hulle glo op 29 Desember drie huise in Witbank beroof het.
Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli, het hulle hulself as polisiebeamptes voorgedoen.
Hulle het mense by twee huise in Lynnville beroof, en by ‘n derde huis ingebreek.
Nog drie mans sal in die Sabie-hof verskyn, nadat hulle Saterdag glo ‘n gesin aangehou en beroof het.
Een verdagte is in ‘n skietery met polisie gewond.
4 Jan 2021 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min