Mpumalanga gereed om eindeksamen te merk

Loading player...
Amper 5 000 mense sal vanaf Woensdag begin merk aan die grootste eksamen wat die Mpumalanga onderwysdepartement nog ooit moes behartig.
Sowat 94 000 matrikulante het 2020 se eindeksamen afgelê.
Die aantal merksentrums is van 16 na 19 vermeerder, om te verseker almal kan by die inperkingsregulasies hou.
Die merkers ontvang vandag en more oriëntering, met die merkery wat Woensdag in alle erns afskop.
Die uitslae word op 23 Februarie bekendgemaak.
Jasper Zwane sê elke poging word aangewend om te verseker nabye kontak tussen personeel kan vermy word.
4 Jan 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min