Mpumalanga-motoriste gewaarsku teen aandklokreël

Loading player...
Die feesseisoen is nie vir almal verby nie, en die provinsie se paaie bly baie besig.
Die departement van gemeenskapsveiligheid sê hoewel verkeersvolumes Sondag hul piek bereik het, is amper duisend voertuie per uur gister nog op die R40 aangeteken.
Mense jaag ook om voor 9-uur hul bestemmings te bereik, aldus Moeti Mmusi.
Hy sê motoriste moet hul reise volgens die aandklokreël beplan.
Meer as 140 000 voertuie is in Desember in Mpumalanga deur wetstoepassers afgetrek.
5 Jan 2021 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min