Vertragings by Lebombo-grens nou beter

Loading player...
Die bestuurder van die Lebombo-grenspos het die lang vertragings voor die deur gelê van mense wat sonder negatiewe Covid-toetse by die grens aankom.
Na berig het uiters besige toestande by die Lebombo en Ressano Garcia-grensposte die afgelope twee dae massiewe ophopings veroorsaak soos mense wag om Suid-Afrika binne te kom.
Volgens Obed Maditsi het hulle intussen 'n aparte ry vir Suid-Afrikaners geskep.
Mense sonder geldige negatiewe toetse moet by die grens getoets word. Suid-Afrikaners word by Nutting House in kwarantyn geplaas, en ander word weggekeer.
5 Jan 2021 10AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min