Barberton-vroue deur heldedaad gered toe gasbottel vlam vat

Loading player...
Twee vroue is Dinsdagoggend in Barberton van ‘n moontlike ramp gered toe ‘n gassillinder in hul huis vlamgevat het.
Avril van Dyk vertel sy wou met 'n nuwe gasbottel vir haar ma kosmaak, toe die hele sillinder aan die brand slaan.
Sy het Hi-Tech Sekuriteit gekontak en Sunday Ntimba was binne minute daar.
Hy het ‘n kombers oor die bottel gesit, maar nie tyd gehad om dit nat te maak nie. Hy het die gasbottel opgetel en uit die huis gerol, voor dit moontlik kon ontplof.
Ntimba het met sy heldhaftige optrede ligte brandwonde aan sy hande opgedoen.
Van Dyk sê hy was baie dapper.
Volgens hom is dit bloot sy werk om mense veilig te hou.
6 Jan 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min