Nog net nege positiewe nasieners in Mpumalanga

Loading player...
Die nasien van matriekvraestelle verloop sover sonder voorval in Mpumalanga.
LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, het vanoggend by verskeie merksentrums op die hoëveld besoek afgelê.
Hy sê 9 nasieners het tot dusver positief vir die koronavirus getoets en is huis toe gestuur.
Verskeie het egter weens onderliggende siektes vooraf onttrek.
Die departement moes nog net twee nasieners vervang.
Majuba sê dit is veel minder as in ander provinsies.
In totaal is nagenoeg 4 869 mense in Mpumalanga daarby betrokke.
12 Jan 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min