Tropiese storm Eloise binnekort 'n sikloon

Loading player...
Dit is nog wag en sien vir tropiese storm Eloise, maar swaar reën is 'n gegewe in Mpumalanga se Laeveld Sondag en Maandag.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens verwag dat sy oor die volgende 24 uur verder sal versterk tot ‘n tropiese sikloon.
Dit het die afgelope 24 reeds aansienlik versterk weens die warm water in die Mosambiekse kanaal.
Wanneer dit deur die loop van Sondag Suid-Afrika binnekom, is daar ‘n ernstige risiko van ontwrigtende reën.
Die noorde van Limpopo sal waarskynlik Sondag skadelike wind ook ervaar.
Die Nasionale Krugerwildtuin is op ‘n hoë gereedheidsvlak.
22 Jan 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min