Groot reën Sondag verwag: Hier is die Laeveld se voorspellings

Loading player...
Eloise is vanoggend weer afgegradeer tot ‘n matige tropiese storm, nadat dit Mosambiek bereik het.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens kan dit vanaand reeds in die Laeveld begin reën, maar die swaarste neerval word more verwag.
Voorspeller Wayne Venter, sê die area van Skukuza tot Nelspruit kan tussen 50 en 100 millimeter binne 24 uur verwag.
Die Blyderiviercanyon en Graskop op die platorand behoort meer te kry.
In Barberton se rigting kan tot 150 millimeter tussen Sondag en Maandag val.
23 Jan 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min