Vyf-jarige verdrink in Masoyi

Loading player...
‘n Vyfjarige dogtertjie is die naweek dood toe sy deur ‘n waterstroom in Masoyi meegesleur is.
Volgens George Mthethwa, woordvoerder van Mpumalanga se departement van samewerkende regering, is sy die enigste bevestigde sterfte weens oorstromings wat deur tropiese storm Eloise veroorsaak is.
Veertien huise in Calcutta is erg beskadig deur die storm, en 9 mense is beseer.
Verskeie gesinne van Mkhuhlu buite Hazyview moes ook van tydelike behuising voorsien word, na hul huise erg beskadig is.
25 Jan 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min