Barberton se damvlakke styg dramaties

Loading player...
Inwoners van Barberton kan daarna uitsien om eersdaags weer elke dag water te hê.
Die dorp ervaar vir maande reeds beurtwater, maar dit het so min geword dat sekere areas vir dae aaneen sonder water is.
Die Lomati-dam se watervlakke het sedert Saterdag egter van 14% tot 24,8% verbeter weens die goeie reën wat in die opvangsgebied geval het weens tropiese storm Eloise.
Raadslid, Philip Minnaar, sê beurtwater en waterbeperkings is hier om te bly, maar hulle behoort, sonder om nog groot reën te kry, tot die volgende reënseisoen genoeg water te hê.
25 Jan 2021 9AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min