Mpumalanga se premier erken skuld, betaal boete

Loading player...
Mpumalanga se premier, Refilwe Mtsweni-Tsipane, het haarself gister by die polisie in eMalahleni aangemeld en ‘n skulderkenning beteken asook ‘n boete betaal.
Dit nadat sy Sondag by die ontslape minister Jackson Mthembu se begrafnis gewaar is, sonder ‘n gesigmasker. Mthembu is Donderdag weens Covid-19 oorlede.
Volgens Mtsweni-Tsipane het sy ook 1 000 gesigmaskers gekoop wat in eMalahleni versprei sal word, as deel van ‘n openbare bewusmakingsinisiatief oor die ernstige aard van die virus.
Sy het om verskoning gevra.
Die DA-leier in die provinsie, Jane Sithole, sê sy moet ook voor die portefeuljekomitee oor die premier se kantoor in die provinsiale wetgewer verskyn.
26 Jan 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min