Mpumalanga-polisie soek inligting na skietry naby Middelburg

Loading player...
Die polisie is op soek na ‘n man wat hulle glo kan help in die ondersoek na ‘n skietery gister.
Vier mense is vroeg Sondagoggend in Mhluzi naby Middelburg geskiet.
Sipho Samuel Magagula, is op die toneel dood. Die drie ander slagoffers is tans in die hospitaal.
Dit sluit in ‘n vroulike polisiesersant wat nie op diens was ten tyde van die voorval nie.
Brigadier Leonard Hlathi sê die polisie is op soek na Bongani Willken Mkhomazi, wat hulle glo hulle kan help in die ondersoek.
Enigiemand met inligting is gevra om speursersant Trinity Masemola te kontak by 083-246-3552.
1 Feb 2021 1AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min