Mpumalanga meld gladde begin aan skooljaar aan

Loading player...
Die eerste skooldag het vandag glad verloop in Mpumalanga. LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, was op besoek aan skole in die Mkhulu-area.
Hy voer aan dat die addisionele twee weke hul genoeg tyd gegee het om voor te berei in terme van noodsaaklikhede om die koronavirus te beveg. 99 onderwysers is in die provinsie weens die virus dood.
In Mpumalanga moet sowat duisend-150 leerlinge steeds geplaas word.
Majuba voeg by dat water-en-sanitasie-uitdagings by skole 'n prioriteit is, maar eers teen volgende jaar uitgesorteer sal wees.
15 Feb 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min