Mulders bedank gemeenskap op internasionale Angelsman-dag

Loading player...
Vandag is internasionale Angelsman-dag.
Die sewe-jarige Jesslyn Mulder wat by Pro-Gratia skoolgaan, ly aan hierdie uiters seldsame sindroom. Dit is 'n genetiese mutasie wat die senuweestelsel aantas.
Simptome sluit in epileptiese aanvalle, en hoewel Jesslyn kan loop, kan sy nie praat nie.
Die Mulders was van 10 tot 14 Februarie die begunstigdes van Mopani-apteek se liefdadigheidsuitdaging, om fondse in te samel vir haar mediese onkostes.
Vir elke kilometer wat drawwers en fietsryers afgelê het, het die apteek R1 geskenk.
Trotse Pa Hugo het die gemeenskap vir hul betrokkendheid bedank.
15 Feb 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min