Mpumalanga se skade nader 1-miljard-merk na vloede

Loading player...
Die skade wat die afgelope drie weke deur swaar reen en oorstromings veroorsaak is, word steeds beraam, maar volgens Mpumalanga-rampbestuur kan dit aanvaar word dat dit naby R1 miljard sal kom.
'n Totaal van 10 verdrinkings is nou bevestig, en twee mense word steeds vermis, maar word as dood aangeneem.
Damvlakke lyk ook goed, met vloeivolumes wat 'n bietjie afgeneem het van verlede week.
Mense moet veral rondom Driekoppies-, Vygeboom-, Nooitgedacht- en Loskop-dam versigtig wees.
Jacques Benade voer aan dat die skade na tropiese storm Eloise die afgelope week vererger is aan padinfrastruktuur, huise en skole.
Die R541 tussen Badplaas en Machadodorp is heeltemal toe.
16 Feb 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min