Twee vroue se drome bewaarheid met inperking-kinderboek

Loading player...
Hoërskool Nelspruit se Afrikaansonderwyser, Martie Naudé, het die vlak vyf grendeltydperk in Maart gebruik om uiteindelik haar kreatiwiteit vry teuels te gee – en haar eerste kinderboek te skryf.
Sy gee “Die Padonkels van Hoekomsberg” uit onder die skrywersnaam Karools Vorster.
Een van haar leerlinge se ma’s, Karen Breytenbach, het die boek geïllustreer. Vir Breytenbach is dit ‘n droom wat bewaarheid is.
Naudé sê sy het nooit gedink sy kán skryf nie. Tog is sy reeds klaar met die tweede aflewering in die Padonkels se avontuur en beplan sy vele meer.
18 Feb 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min