Seekoei gewaar in Witrivier se strate

Loading player...
Inwoners van Witrivier is gewaarsku om op hul hoede te wees vir ‘n seekoei wat in die dorp opgemerk is.
Volgens Gait Jan Sterk van die MTPA het ‘n sekerheidsmaatskappy die dier vanoggend vier-uur in Swartbergstraat gesien.
Inwoners is gevra om versigtig te wees, aangesien seekoeie veral snags rondbeweeg, en moontlik aan die kort gras voor huise sal vreet.
Enigiemand wat die seekoei gewaar, moet dit dadelik by die MTPA aanmeld. Kontak 072-496-1254.
19 Feb 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min

Callum Makiti met pannekoek

Callum Mac Pherson kan vinnig en aanhoudend baie pannekoek bak. Saterdag pak hy 'n nuwe uitdaging aan by die Maroela Makiti.
28 Jan 9AM 8 min

Senteeko-dam nougekeurig gemonitor

Die De Kaap-besproeiingsraad waarsku die Senteeko-dam in die Suidkaap-rivier buite Barberton bly onveilig en onstabiel terwyl hulle die situasie noukeurig monitor. Waarskuwings bly in plek. Die DA-raadslid, Philip Minnaar verduidelik.
23 Jan 6AM 5 min

Kanselleer jou wildtuin-besoek

Die Krugerwildtuin sê hulle sal hul kansellasiefooi kanselleer vir besoekers wat hul besoeke nie kan hersekduleer nie, te midde van die frats weerstoestande en aanhoudende swaar reën wat in Limpopo en Mpumalanga heers.
14 Jan 6AM 5 min