Kosmos 94.1 Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal is Kosmos 94.1 se toegewyde finansiële platform wat daarop gemik is om finansiële kennis toeganklik, verstaanbaar en relevant vir elke Namibiër te maak.

Hier vind jy betroubare inhoud oor persoonlike finansies, begrotings, spaar, beleggings, die ekonomie, sake, marknuus en praktiese geldwenke – alles eenvoudig verduidelik deur kundiges en bedryfsleiers.

Of jy nou jou finansiële kennis wil uitbrei, beter geldbesluite wil neem of op hoogte wil bly van die jongste ekonomiese verwikkelinge, bied Kosmos Kapitaal professionele, insiggewende en maklik verteerbare inhoud wat jou help om met groter vertroue jou finansiële toekoms te bestuur.
Daily English Namibia Business · Investing
72 Episodes
1 – 20

Vrydag, 30 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Dis weer daai tyd van die maand - verbruikers sit pieringoog en wag om te hoor hoe die brandstofprys hul beursie gaan skud. KosmosKapitaal kyk na die opsies. En in Rusland het presidente Netumbo Nandi-Ndaitwah en Vladmir Putin ekonomiese samewerking gesels.
30 Oct 12AM 2 min

Rates up, government's options down

Cirrus Capital analyst Deon Gous warns of mounting financial pressure as interest rates climb, farmers struggle and government's financial hands remain tied. The Bank of Namibia's decision on Wednesday to hike its repo rate by 25 basis points to 7% has dealt another blow to an agricultural sector already battered…
29 Oct 12PM 1 min

Donderdag, 29 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Rentekoerse wat gaan styg na die sentrale bank Woensdag sy repokoers verhoog het, is nog 'n slag vir die landbousektor. Om van die regering se eie skuldlas nie eens te praat nie! KosmosKapitaal gesels vanoggend met Deon Gous, ontleder by Cirrus Capital, oor die kwessie.
29 Oct 12AM 3 min

Woensdag, 28 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Op, af of dieselfde? Alle oë is vandag op die Bank van Namibië om te sien of verbruikers met hoër rentekoerse gaan moet huishou en die verwagting is nie goeie nuus nie. Ook in die nuus: Savanna Beef Processors sê dit is tans in 'n…
28 Oct 12AM 2 min

Dinsdag, 27 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe lyk die mediumtermyn-plan om weer lewe in die land se veebedryf te blaas na dit sy bek-en-klouseervrye status verloor het? Die uitvoerende hoof van die Namibiese Landbou-unie, Roelie Venter, het met Rene Olivier van Royale Wealth Management gepraat En: Stamper Oil & Gas verwelkom…
27 Oct 12AM 3 min

Maandag, 26 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Dertien miljoen Namibiese dollar ... dis wat die bek-en-klouseer uitbreking in die Karasburg-distrik die land oor ses maande kan kos. Meer hieroor in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus. Ons berig ook oor planne om nuwe staatshospitale te bou.
25 Oct 11PM 3 min

Vrydag, 23 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die hersiende mediumtermynbegroting is groot nuus en vanoggend loer ons na die syfers in 'n neutedop. Ook in die nuus: Die konstruksiebedryf is ontstoke oor werkeminister Veikko Nekundi wat hul kapasiteit onderskat.
23 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 22 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Duur brandstof, stygende inflasie, belastinginkomste wat onder druk is en bek-en-klouseer is groot uitdagings wat finansminister Ericah Shafudah in haar hersiene mediumtermynbegroting moet takel, wat sy vanmiddag in die parlement indien. KosmosKapitaal praat met Cirrus Capital-ontleder Pandu Shaduka oor hul verwagtinge.
22 Oct 12AM 3 min

Woensdag, 21 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bek-en-klouseer, stygende inflasie en wie weet, dalk Namibia Air - die stoom draai behoorlik uit finansminister Ericah Shafudah se sompompie vir haar hersiene mediumtermynbegroting wat Donderdagmiddag ingedien word. In ander KosmosKapitaal-nuus: Die Suid-Afrikaanse Voerkraalvereniging sê dis niks persoonlik nie, maar hulle is gekant teen invoere…
21 Oct 12AM 2 min

Dinsdag, 20 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Toerisme is in 4x4 en veral luukse bestemmings is besig om die sektor terug op die spoor te kry. Ons berig ook hoe die jagbedryf in Suid-Afrika die bek-en-klouseerstryd takel en ReconAfrica boor weer volstoom in die Kavango-bekken in die Noorde.
20 Oct 12AM 2 min

Maandag, 19 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die president van die Namibiese Kamer van Handel en Nywerheid, Vetumbuavi Mungunda, sê maniere gaan gevind moet word om besighede te ondersteun wat deur die bek-en-klouseer-uitbreking in die land geraak word. En: Prof. Jannie Rossouw van Wits se Sakeskool waarsku dat huishoudings nog tot minstens…
19 Oct 12AM 3 min

Vrydag, 16 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Namibië se Venus- en Mopane-olievelde was vandeesweek opnuut op die wêreldverhoog by die African Energy Week met TotalEnergies se senior vise-president, Mike Sangster, wat die land se potensiaal as 'n reusespeler in die toekomstige energiemark uitgestip het. Maar minder goeie nuus op die mynboufront: Deep…
16 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 15 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Meer as 63 000 beeste is reeds vir bek-en-klouseer ondersoek en meer as 10 000 voertuie is by verskeie padblokkades vir die onwettige vervoer van vee en vleisprodukte deursoek. Ons hoor die jongste by die woordvoerder van die landbouministerie, Romeo Muyunda. En: Agra het 'n…
15 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 15 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Meer as 63 000 beeste is reeds vir bek-en-klouseer ondersoek en meer as 10 000 voertuie is by verskeie padblokkades vir die onwettige vervoer van vee en vleisprodukte deursoek. Ons hoor die jongste by die woordvoerder van die landbouministerie, Romeo Muyunda. En: Agra het 'n…
15 Oct 12AM 2 min

Dinsdag, 14 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Kraakvars! Nog voor die eerste haan vanoggend gekraai het, het Namibië in Bangkok 'n reuseprestasie op die jongste Absa-indeks vir Afrika se finansiële markte behaal. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die Namibiese Effektebeurs (NSX), Tiaan Bazuin, al die pad uit Thailand. In ander…
14 Oct 12AM 3 min

Dinsdag, 13 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Bek-en-klouseer vereis 'n stryd op twee fronte, sê die president van die Namibiese Landbou-unie, Thinus Pretorius. En in Suid-Afrika sê die Rooivleisprodusente-Organisasie die BKS-uitbreking plaaslik veroorsaak ook groot ontwrigting in die buurland.
13 Oct 12AM 2 min

Maandag, 12 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Sout van die aarde - Namibië se soutbedryf is belangrik vir die kus se ekonomie, maar word sedert die begin van die jaar deur internasionale verwikkelinge gepeper. KosmosKapitaal gesels met Andre Snyman, besturende direkteur van Walvis Bay Salt Holdings. En: Plaaslike vervaardiging van kunsmis en…
12 Oct 12AM 3 min

POTGOOI: Van Namibië tot Wits: ’n Stem vir geestesgesondheid

Wêreldgeestesgesondheidsdag: Steeds 'n Namibiër in murg en been: Prof. Frikkie Booysen van die Wits PPS Leerstoel in Gesondheidsekonomie doen onder meer navorsing in selfdood en gedagtes van selfdood en het met KosmosKapitaal oor dié lewensbelangrike kwessies gesels.
10 Oct 11AM 14 min

Vrydag, 9 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe beïnvloed die moderne werksomgewing jou sielkundige welstand? KosmosKapitaal gesels met gesondheidsekonoom, prof. Frikkie Booysen van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), 'n boorling van Namibië, in die aanloop tot Wêreldgeestesgesondheidsdag môre. En: Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië sê dis verregaande dat hulle…
9 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 8 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Voornemende transaksies van miljarde Namibiese dollar het Woensdag opslae gemaak. Plaaslik-genoteerde Capricorn Group beplan 'n reuse-verkryging in Suid-Afrika. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die groep, David Nuyoma. En: 'n Nederlandse belegger nuwe lewe in die ou Elizabethbaai-diamantmyn wil blaas.
8 Oct 1AM 3 min
1 – 20