Kosmos 94.1 Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal

Kosmos Kapitaal is Kosmos 94.1 se toegewyde finansiële platform wat daarop gemik is om finansiële kennis toeganklik, verstaanbaar en relevant vir elke Namibiër te maak.

Hier vind jy betroubare inhoud oor persoonlike finansies, begrotings, spaar, beleggings, die ekonomie, sake, marknuus en praktiese geldwenke – alles eenvoudig verduidelik deur kundiges en bedryfsleiers.

Of jy nou jou finansiële kennis wil uitbrei, beter geldbesluite wil neem of op hoogte wil bly van die jongste ekonomiese verwikkelinge, bied Kosmos Kapitaal professionele, insiggewende en maklik verteerbare inhoud wat jou help om met groter vertroue jou finansiële toekoms te bestuur.
Daily English Namibia Business · Investing
55 Episodes
1 – 20

POTGOOI: Van Namibië tot Wits: ’n Stem vir geestesgesondheid

Wêreldgeestesgesondheidsdag: Steeds 'n Namibiër in murg en been: Prof. Frikkie Booysen van die Wits PPS Leerstoel in Gesondheidsekonomie doen onder meer navorsing in selfdood en gedagtes van selfdood en het met KosmosKapitaal oor dié lewensbelangrike kwessies gesels.
10 Oct 11AM 14 min

Vrydag, 9 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoe beïnvloed die moderne werksomgewing jou sielkundige welstand? KosmosKapitaal gesels met gesondheidsekonoom, prof. Frikkie Booysen van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits), 'n boorling van Namibië, in die aanloop tot Wêreldgeestesgesondheidsdag môre. En: Die Federasie vir die Konstruksiebedryf in Namibië sê dis verregaande dat hulle…
9 Oct 12AM 3 min

Donderdag, 8 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Voornemende transaksies van miljarde Namibiese dollar het Woensdag opslae gemaak. Plaaslik-genoteerde Capricorn Group beplan 'n reuse-verkryging in Suid-Afrika. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die groep, David Nuyoma. En: 'n Nederlandse belegger nuwe lewe in die ou Elizabethbaai-diamantmyn wil blaas.
8 Oct 1AM 3 min

Donderdag, 8 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Voornemende transaksies van miljarde Namibiese dollar het Woensdag opslae gemaak. Plaaslik-genoteerde Capricorn Group beplan 'n reuse-verkryging in Suid-Afrika. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die groep, David Nuyoma. En: 'n Nederlandse belegger nuwe lewe in die ou Elizabethbaai-diamantmyn wil blaas.
8 Oct 1AM 3 min

Woensdag, 7 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Diamante is lankal nie meer die uitblinker in die Namibiese ekonomie nie. Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering doen alles in sy vermoë om die sektor te red. En die konstruksiebedryf is in hul noppies oor 'n hofuitspraak wat 'n stokkie voor die samesmelting…
6 Oct 11PM 2 min

Dinsdag, 6 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die regering slaan bek-en-klouseervure dood om Namibiese vleis terug op veral Europese, maar ook ander buitelandse winkelrakke te kry. En: Namibië het 'n verstommende sewe plekke op 'n wêreldranglys vir toerisme getuimel. Toerismekenner Gitta Paetzold, uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië (HAN), sê sy…
5 Oct 11PM 3 min

Maandag, 5 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Van kommersiële mango- tot waatlemoenverwerkingsaanlegte in Kavango-Oos en Zambezi: Eerste minister Elijah Ngurare sê die regering planne om local nóg lekkerder te maak, vorder fluks.
5 Oct 1AM 3 min

Vrydag, 2 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: ReconAfrica gaan sy jagtog na gas in Kavango-Wes met tegnologie aanpak wat 'n eerste vir die groep en vir Namibië gaan wees. ReconAfrica se uitvoerende hoof, Brian Reinsborough, vertel ons meer. En: Die prysmonster is besig om op te warm om 'n inflasiekoers van meer…
2 Oct 12AM 2 min

Donderdag, 1 Oktober 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Stadig, maar seker: Dis hoe Namibië sy ontluikende oliebedryf moet ontwikkel, sê 'n professor Jenik Radon van die toonaangewende Columbia-universiteit in Amerika. Ook in vanoggend se KosmosKapitaal-nuus: Paratus Namibië het in sy afgelope boekjaar miljoene belê, maar moes die prys daarvoor betaal.
1 Oct 12AM 3 min

Woensdag, 30 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Hoekom vry Amerika deesdae so kliphard na Namibië en wat het kunsmatige intelligensie daarmee te doen? Die VSA se ambassadeur aan die land, John Giordano, het die antwoord. En dis darem lekker as 'n maatskappy met 'n rekordwins kan spog - soos Nictus Holdings in…
30 Sep 12AM 3 min

Dinsdag, 29 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die plaaslike indeks van die Namibiese Effektebeurs het Maandag 'n bul van 'n dag gehad met al die bankgroepe wie se aandeelpryse rekordhoogtes bereik het. Deon Gous, ontleder by Cirrus Capital, verduidelik wat dié stormloop veroorsaak het. En: NamBrew se tussentydse resultate het baie van…
28 Sep 11PM 3 min

Maandag, 28 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Elke sent help - meer oor die Ondersteuningsfonds vir Bek-en-Klouseer en die belangrikheid daarvan. En ons gesels met Simonis Storm-ekonoom, Almandro Jansen, oor die kus wat 'n miernes van boubedrywighede is.
28 Sep 12AM 3 min

Vrydag, 25 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Lang rye, leë winkelrakke en trollies vol vleis - baie verbruikers het Donderdag paniekerig reageer op die nuus dat bek-en-klouseer sy klou op 'n plaas in die Suide ingeslaan het. KosmosKapitaal praat met Simonis Storm-ekonoom Almandro Jansen oor verwagte tekorte, pryse en wat die uitbreking…
25 Sep 12AM 3 min

Donderdag, 24 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië is 'n geweldige slag vir die ekonomie, waarsku Romé Mostert, direkteur van Cirrus Capital. En asof dit nie genoeg slegte nuus is nie - rentekoerse is Woensdag in Suid-Afrika verhoog en almal sit op hete kole oor of die…
24 Sep 12AM 3 min

Woensdag, 23 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Klimaatsverandering se ekonomiese impak raak toenemend 'n kopseer vir herversekeraars soos NamibRe. En in Washington het president Netumbo Nandi-Ndaitwah aan Amerikaanse sakelui gesê Namibië is oop vir besigheid, maar daar is voorwaardes verbonde aan vennootskappe.
23 Sep 12AM 3 min

Dinsdag, 22 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Groenwaterstof, olie, gas en selfs steenkool sou Namibië dit ontdek - niks sal in die land se pad staan om verskillende energiebronne te gebruik om te ontwikkel nie, het president Netumbo Nandi-Ndaitwah in New York gesê. En: Die Bank van Namibië vorder goed met die…
22 Sep 12AM 3 min

Maandag, 21 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Data is groot besigheid in Namibië - amper 'n miljard dollar is in die tweede kwartaal vanjaar hieruit verdien. En: 'n Reuse-afvaardiging is in die Groot Appel in Amerika om onder meer die land as 'n beleggersbestemming te bemark.
21 Sep 12AM 2 min

Vrydag, 18 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Plaaslike handelsbanke maak groot geld, verseker, maar hulle pomp ook miljarde in die ekonomie in. KosmosKapitaal kyk vanoggend na Capricorn Group se reusebydrae die afgelope boekjaar. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die groep, David Nuyoma, en die finansiële direkteur van die groep, Johan…
17 Sep 11PM 3 min

Donderdag, 17 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Minstens 1 300 mense is hul werk in net drie maande kwyt ... en dit raak duisende ander Namibiërs se lewens. KosmosKapitaal praat met die voormalige ekonomiedosent, dr. Omu Kakujaha-Matundu, oor dié ekonomiese slag. Daar's darem ook 'n bietjie woema-nuus in vanoggend se KosmosKapitaal: IJG…
17 Sep 12AM 3 min

Woensdag, 16 September 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Met die prysmonster al swaarder op die verbruiker se rug, gaan Namibiërs les opsê in die afsienbare toekoms. KosmosKapitaal praat met Ida Williams, 'n ontleder by Cirrus Capital, oor die perfekte storm wat in die kosmandjie aan die broei is.
16 Sep 12AM 3 min
1 – 20