Maandag, 2 November 2026

Loading player...
In jou finansiële nuus vanoggend: Uraan raak toenemend 'n staatmaker in die Namibiese ekonomie. KosmosKapitaal gesels met Lauren Davidson, ekonoom van die Kamer van Mynwese in Namibië, oor die blink toekoms vir die kommoditeit. En TotalEnergies het goeie nuus oor die Mopane-olieveld aan die Namibiese kus.
1 Nov 11PM English Namibia Business · Investing

Other recent episodes

Vrydag, 20 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Die geheim vir 'n suksesvolle ekonomie en die oplossing vir jeugwerkloosheid is opgesluit in mikro-, klein- en mediumgrootte ondernemings, wat die nodige ondersteuning ontvang om sake te bedryf, luidens 'n nuwe studie. Veteraannavorser en samesteller van die verslag, Christie Keulder, brei hieroor uit.
19 Nov 11PM 2 min

Donderdag, 19 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Beide Paladin Energy, die meerderheidsaandeelhouer in Langer Heinrich, en Deep Yellow, wat onlangs sy finale beleggingsbesluit in die Tumas-projek op ys geplaas het, het Woensdag hul algemene jaarvergaderings gehou. In vanoggend se KosmosKapitaal-nuus bring ons op jou hoogte van uraanverwikkelinge by die maatskappye.
19 Nov 12AM 2 min

Woensdag, 18 November 2026

Broodgeld, en nie geld vir 'n lekker leefstyl nie, is hoekom Namibiërs in hul hordes mikroleners toe hardloop en hoekom die mikrolenersbedryf uit sy nate uit bars. Cirrus Capital-ekonoom Ida Williams het die kwellende kwessie nagevors en gesels vanoggend met KosmosKapitaal.
17 Nov 11PM 1 min

Dinsdag, 17 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Namibiërs kan nou in 'n stukkie van die plaaslike soektog na olie belê met Sintana Energy wat op die Namibiese Effektebeurs noteer het. Ons kry 'n kykie in Mopane, wat indirek 'n stukkie van Mopane besit. En ons gesels swaarvoertuie, wat soos soetkoek verkoop.
17 Nov 12AM 3 min

Maandag, 16 November 2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Wie het die hef in die hand? Namibië met sy olie of TotalEnergies met sy geld? KosmosKapitaal-nuus kry vanoggend 'n vars perspektief op dié verdelende debat van Cirrus Capital-ekonoom, Ida Williams. En dit was 'n besige week op die Namibiese Effektebeurs. Ons praat met Tiaan…
15 Nov 11PM 3 min