Aangebied deur Penguin Random House: André P. Brink en Ingrid Jonker se liefdesverhouding het die verbeelding van bewonderaars aangegryp. Hul korrespondensie het van April 1963 tot April 1965 geduur. Vlam in die sneeu is ʼn roerende boekstawing van hulle liefde. Francis Galloway, Kerneels Breytenbach en Karin Schimke gesels oor dié…
Aangebied deur Quivertree: Kookboek, storieboek, fotografieboek –Die storie van ʼn huis vertel van die streek se fabels en sprokies, en die geskiedenis van La Creuzette in die Franse platteland. Met pragtige foto’s van die huis, omgewing en feestafels, en liplekker resepte. Nanette van Rooyen praat met Louis en Hardy oor…
Aangebied deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Hein Kruger gee ’n Bybelse perspektief op begroting, besteding, skuld en beleggings. Hy gesels met Stephan Joubert oor hoe jy jou geld kan bestuur.
Aangebied deur Kwela, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Die verse in Ronelda S. Kamfer se jongste bundel, Hammie, eggo temas uit haar vorige werk, maar ondersoek veral die komplekse en intieme verhouding tussen ma en dogter. Dit gaan oor verlies, oor dinge wat ongesê bly, oor die woorde tussen woorde. Ronelda…
Aangebied deur Lapa, Jonathan Ball en Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Hoe skryf ʼn ma oor die trauma wat haar kind beleef? Is dit ʼn manier om sin te gee aan jou kind se lewe en jou struweling? Taalpraktisyn en oud-redakteur Mandi Botha stel dié vrae, en meer, aan Marga…
Aangebied deur Lapa: Gaan die spanningsverhaal nog oor die herstel van orde? Madri Victor hoor by Wilna Adriaanse (Eindspel), Chanette Paul (Labirint, Offerlam) en Madelein Rust (Monstersaad) of spanningsfiksie ʼn “feel good” einde moet hê. En wat dink hulle van die nuwe “noir”- neiging by vroueskrywers?
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers In: Anderkant uit kom beroemdes sowel as gewone mense aan die woord. Hanlie Retief, een van die bekendste Afrikaanse joernaliste, skryf oor Suid-Afrikaners se uitsonderlike vermoë om trauma te oorkom. Sy deel die openhartige verhale van mense wat ongekende trauma beleef het met Lise…
Aangebied deur CUM : Daai eerste rampspoedige afspraak, onbekende rampe met huisonderhoud, asook ander verwarrende verrassings – hierdie twee enkelma’s ken die bitter en die soet van die lewe. Elize Parker en Magriet Smit gesels oor dié oorwinningsgids vir dae wanneer die lagie sekerheid maar dun is en geloof, hoop en…
Presented by Penguin Random House: Craig Bartholomew Strydom and Stephen Segerman’s book explores the life and career of an iconic but elusive musician, as well as the odyssey of two Rodriguez fans to find out what had happened to their hero. They also reflect on the pursuit of die-hard filmmaker…
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: François Verster vertel aan Dana Snyman van sy avonture tydens basiese opleiding en sy dienspligtyd as onderwyser vir Boesmankinders op die basis Omega. Dit lewer etlike humoristiese oomblikke op weens die “siekverveelde uitdrukking” op sy gesig en sy rebelse streep. ’n Tweede storielyn…
Sedert die verskyning van die 1933-vertaling het agt ander vertalings van die Bybel die lig gesien. Hoe en deur wie is die onderskeie vertalings gemaak? Watter uitdagings staar vertalers in die gesig, veral wanneer daar met ʼn antiekeheilige teks gewerk word? Prof. Christo van der Merwe bespreekdie waarde van die…
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: In 2015 haal Marinda van Zyl se manuskrip Amraal die kortlys van NB-Uitgewers se Groot Afrikaanse romanwedstryd. Dié verhaal vertel van Amraal Lambert se strewe rondom 1800 om sy kinders buite bereik van die inboekstelsel te hou. Want Khoi-khoi is tot hulle 25ste…
Aangebied deur Protea: Leon van Nierop vertel staaltjies uit vergange dae en gesels oor die wonderlike geskiedenis van die Suid-Afrikaanse filmbedryf, soos uiteengesit in sy nuwe boek, Daar doer in die fliek.
Aangebied deur Lapa: Sophia Kapp (Honderd en een oorlewingswenke vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Daar’s stories oor taximanne, kalfies, padpiepies, sagopoeding, en veral oor liefde en onverwagse medemenslikheid. Die geliefde en gewilde Amore Bekker praat oor Hartstories: Huis toe met ʼn ligter tred, haar keuse van die beste goedvoelstories uit haar gewilde RSG-program, “Tjailatyd”.
Aangebied deur Protea: Soos Gregor van die Kafka-verhaal, ondervind Gregor Samsa ’n stelselmatige insekwording, wat deur sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Samsa-masjien het verskeie Kanna- en Fiësta- toekennings ontvang. Tertius Kapp gesels met die bekroonde drama-turg.
5 Mar 2016
50 min
40 – 56
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.