Aangebied deur Protea: Leon van Nierop vertel staaltjies uit vergange dae en gesels oor die wonderlike geskiedenis van die Suid-Afrikaanse filmbedryf, soos uiteengesit in sy nuwe boek, Daar doer in die fliek.
Aangebied deur Lapa: Sophia Kapp (Honderd en een oorlewingswenke vir ʼn bedonnerde diva), Alta Cloete (Opdrag van oorkant) en Santie van der Merwe (Vandat jy weg is) gesels met Elmari Rautenbach oor sterk vrouekarakters wat bedonnerd, beneuk en verlief is.
Aangebied deur Tafelberg, ʼn druknaam van NB-Uitgewers: Daar’s stories oor taximanne, kalfies, padpiepies, sagopoeding, en veral oor liefde en onverwagse medemenslikheid. Die geliefde en gewilde Amore Bekker praat oor Hartstories: Huis toe met ʼn ligter tred, haar keuse van die beste goedvoelstories uit haar gewilde RSG-program, “Tjailatyd”.
Aangebied deur Protea: Soos Gregor van die Kafka-verhaal, ondervind Gregor Samsa ’n stelselmatige insekwording, wat deur sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Samsa-masjien het verskeie Kanna- en Fiësta- toekennings ontvang. Tertius Kapp gesels met die bekroonde drama-turg.
5 Mar 2016
50 min
52 – 56
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.