Aangebied deur NB-Uitgewers ’n Jaarlikse hoogtepunt waar bekende en debuutdigters hulle werk deel: Antjie Krog, Nathan Trantraal, Joan Hambidge, Bibi Slippers en Juanita Louw lees voor.
Aangebied deur NB-Uitgewers Soos in sy bekroonde Chokers en suvivors werk dié opspraakwekkende digter weer met kwessies soos Afrikaans as taal, klas, ras en die politiek, maar nou ondersoek hy ook seksualiteit as tema, en die religieuse en stedelike milieu waarin hy grootgeword het. Danie Marais vra hom uit.
Aangebied deur NB-Uitgewers Hy ontsien niks of niemand nie, nie Afrikaans op kampusse, baarde, banting, die Guptas of mans se ‘menere’ nie. Uitdagend, uittartend, of snaaks – een ding is seker: Deon Maas is so gebek en so laat staan. Erns Grundling probeer hom vasvat.
Aangebied deur NB-Uitgewers Sussie Kotze keer na haar geliefde Weskus terug, maar dié slag is dit die Weskus van die vroeë 20e eeu. Sy vertel vir RSG se Martelize Brink van Klein Kattie, die kinderoppasser wat by vername mense ’n fyner lewe leer ken totdat sy ’n onbesonne huwelik aangaan.
His 320-word email request was eloquent and amusing; Lee Child’s reponse 12 words long. The result was permission to shadow Child for a year and write about his creative process. Listen to what local Jack Reacher fans Karin Brynard, Irma Venter en Dibi Breytenbach have to say to the British author…
Aangebied deur Naledi Daar is vier maniere om ouderdom te benader: as jou uiterlike, die syfer op jou geboortesertifikaat, die negatiewe gevoelens van die samelewing, of jou innerlike gesindheid. Kobus vertel vir Tobie Wiese meer omtrent sy nuwe boek, Dansend met die lewe, en hoe om nuut te dink oor…
Aangebied deur NB-Uitgewers In die winter van 1795 is die Kaap nog Hollands, maar die Engelse lê reeds geanker by Simonstad. Thys Human gesels met Dan oor sy bekroonde 1795, waarin hy die laaste Kaapse maande onder die Kompanjiesvlag beskryf met ’n onfeilbare aanvoeling vir wat die totstandkoming en verval…
Advokaat, prokureur, aanklaer. Drie regsgeleerdes vertel hoe dit voel om jou werk huis toe te neem ... en misdaadfiksie daarvan te maak. Die bekroonde Andrew Brown (Good Cop, Bad Cop), Duane Aslett (Goudduiwel) en Dibi Breytenbach (Vrediger) gesels met prokureur en skrywer Bettina Wyngaard.
Aangebied deur Jonathan Ball Publishers In dié huldeblyk aan ’n koerant wat met net 26 letters, 10 syfers, kolletjies en strepe 30 000 uitgawes binne ’n eeu kon druk, word van die merkwaardige stories opgediep – van die Groot Griep en leë kantore, die nag in ’48 toe die teleksmasjien flits: ‘Smuts…
Filosoof Johann Rossouw ondersoek aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.
Aangebied deur NB-Uitgewers Die LitNet-joernalis gesels met Francois Smith oor haar fiksiedebuut, ’n naelskou- riller wat afspeel teen ’n brandende Stellenbosch, met opstandige studente en ’n jong ma wat droom van wegloop. Wanneer haar dogtertjie wegraak, verander dié prentjie egter drasties.
Aangebied deur Protea Boekhuis Hy het al van JK Rowling tot Roald Dahl vertaal, maar onlangs was dit die pittige stories van die man wat beskou word as die grootste Britse kinderboekskrywer van die afgelope dekade, die skerpskertser David Walliams. Hoor watter geheime verklap Kobus aan jeugboekskrywer Nanette van Rooyen oor internasionale…
Aangebied deur Penguin Random House Die kos- en onthoustories van dié restaurateur en Sarie se voormalige kosredakteur is so ryk soos die botter en jerseyroom waarop hy op sy deftige Oupa en Ouma Cilliers se plaas in die Hokoe-vallei van die Klein-Karoo grootgeword het. Maar hy vertel ook vir Kerneels Breytenbach…
Aangebied deur NB-Uitgewers Hy word as ’n wêreldklas-geskiedkundige gereken. Sy magnum opus, Die Afrikaners, het nie net die Jan H Marais-prys verower nie, maar is in die proses om verfilm en op kykNET uitgesaai te word. Albert Grundlingh lei die gesprek met Hermann.
Hoe is dit moontlik om vandag in Afrikaans te skryf? En veral as ’n mens vir en oor die wyer wêreld sou skryf? En is daar enigiemand wat nog oor 50 jaar Afrikaanse fiksie sal lees? Dit is van die vrae wat SJ (Fanie) Naudé, die 2013 Jan Rabie en Marjorie…
Aangebied deur LAPA Uitgewers Verskeie vroueskrywers laat hulle lesers naels kou van spanning, maar bied ook ’n romantiese uitlaatklep. Drie van hulle – Isa, Madelein en Chanette – verduidelik aan Madri Victor waarom spanning maar ’n sagte kant mag hê.
Ingrid Winterbach talks to Karina about her life with one of our most celebrated and controversial novelists, André P Brink, and her forthcoming memoir, The Fifth Mrs Brink/Die vyfde mev. Brink. She was 29 when they were married, he 71. They shared 10 years of married life, never being apart,…
Hoe lyk ’n wêreld waarin honde vir hulleself moet sorg? Wat gaan word as ons eerste mense verdwyn? Ernstige vrae, maar seepglad in misdaadfiksie ingeweef. Antropoloog en ekoloog Dave Pepler gesels saam oor feite wat (misdaad)storie word; Rudie van Rensburg stel die vrae.
Van Pokémon Go tot Brexit, oudioboeke tot ’n al hoe sterker papierboek, Ferrante tot Knausgaard – wat is die jongste neigings in die internasionale boekwêreld? Jonathan Ball se Jeremy Boraine, Marga Stoffer van NB, en Penguin Random House se Melt Myburgh gesels met die hoof van die US Woordfees se Skrywersprogram…
Filosoof Johann Rossouw ondersoek aan die hand van 5 van Karel Schoeman se latere romans hoe die voormoderne wêreld (tradisie) waaruit die moderne wêreld gebore is, dit wat in die moderne wêreld skeefgeloop het, kan regstel.
9 Mar 2017
1 hr 22 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.